
Vandag dink ek aan Ester die Joodse meisie wat koningin geword het, in n heidense koningkryk. Hoe sy lief geraak het vir die man, die Koning en wanneer hy haar hele volk wou vervolg. Hoe sy op gestaan het vir haar mense met die wete dat hy met een woord vir haar die doodstraf kon gee, saam met al die ander Jode.
Maar sy het tenvolle vertrou op God dat Hy by haar is dat Hy sal deurkom vir haar. Ook vetrou dat God haar man se hart sou sag maak en dat hy sou luister wat sy te se het.
Haar geloof het op die ou einde nie net die Jode gered en haar eie lewe nie, maar sy het haar Koning tot die Here gelei.
Ons is al deur soveel moeilike tye, partykeer probeer ek iets en dit werk nie of raak soms biedjie jaloers as ek sien hoe iemand anders soveel sukses behaal met die selfde plan.
Dan moet ek myself herhinder God het my nog nooit in die steek gelaat nie, ons het nog altyd genoeg gehad. Ek moet vertroue he soos Ester en weet God sal beskerm en voorsien.
Hy was nog altyd getrou.
Ek weet dat ek weet dat Hy my gaan genees en my weer tevolle sal herstel.
Gaan kyk gerus die fliek “One night with the King”