
My naam is Riette de Beer ek is 39 nog vir n maand. Ek het n ongelooflike lewe gely. Ek het in die laaste 12 jaar 8 spinale fusies gehad, lewe met senuwee skade en is in kroniese pyn 24/7.
My doel met die blog is om te deel, waardeur ek gaan die pyn, teleurstellings en ook my klein oorwinnings hoe my verhoudings beinvloed word en hoe God my daagliks red.
My lewe hoe ek probeer sin maak, hoe ek probeer ma, vrou, besigheids balle in die lug hou met my hoe pyn vlakke.
Hoe God met my werk?
Hoe God my gebruik?
Hoe God my struikelblokke gebruik?
Hoe ek nader aan Hom lewe?
Hoe alles in sluip in my sirkel sonder dat ek sien
Hoe God die rippel effek gebruik om ander te help. Sonder my ego of mede-wete.
Gister ‘n vrase raak gelees kan nie die bron onthou nie. Maar dit het gelees. “don’t ever serve a dream more than you serve God.” my droom is God en ek by God.
Ek is ver van vervul maar werk daaraan ek het baie foute maar probeer werk aan dit wat ek weet. Ek stuikel elke dag, judge mense sonder dat ek seers agterkom soos baie, ek is baie ongelowig of eder klein gelowig soos Simon Petrus. Maar hunker na liefde en geloof wat blindelings volg soos Maria Magdalena en Rut.
Ek wil ‘n vrou wees na Sy hart ek weet ek is reeds Hy het my lief “warts and all” ek wil die beste Ek wees die Ek wat Hy sien in die spieël.