13 Mei 2021

Ek lê vanaand hier in die hospitaal kamer, baie opgewonde om more huis toe te gaan. Ek kan gewoonlik niks onthou wat in die ICU gebeur nie.

Maar vandag begin ek onthou hoe naby ek aan die dood was Vrydag middag toe ek uit die teater uitgeskuif was. Dis ongelooflik dit klink soos ‘n stuk uit “Greys anatomy” ek onthou hoe die die Dr’s heen en weer skreeu, 2 Drs en 3 susters

Ek onthou hoe ek daar lê en dit voel of hulle dink ek gaan dood gaan maar ek is kalm.

Ek onthou hoe ek vir die Dr’s gebid het dat hulle moet relax en kyk ek is OK.

Dis vreesbevange soos die geheue terug keer, stukkie vir stukkie. Maar ek weet ek was nie alleen nie, ek was nooit alleen nie.

God het ‘n plan met my, met my pyn Hy sluip my, Hy is besig om my te vorm in ‘n Rut, ‘n Deborah ‘n Maria Magdalena of Sy Riëtte De Beer soos Hy haar wil hê ek is oop ek is gereed met pyn en al kan Hy my gebruik.

Ek voel soveel ligter, alles is helderder. Kan nie wag on te sien wat Hy vir my beplan het nie. Om te dink minder as ‘n week terug het ek my begrafnis beplan, ek het pille gestash vir as ek nog so moet voel dat ek einde kan maak aan my pyn.

Ek verstaan steeds nie wat God se plan is met my nie maar ek vertrou Hom met alles in my, met my kinders, my huwelik en ons besighede Hy is totaal en al in beheer.

So rukkie terug, as ek hoor mense se, wees dankbaar jy het wakker geword vanmore dan het ek altyd gedink. Why? Verstaan my mooi dis nie dat ek Depresief was nie. Maar ons eindpunt is mos om hemel toe te gaan?

Maar ek het nou opnuut verstaan my werk is nie klaar nie, ek weet nie wat die Here ingedagte het met my bediening nie maar ek is reg daarvoor.

Met die woorde van

Max Lucado. Ek gaan dalk nie vandag OK wees nie dalk nie more nie maar ek sal hierdeur kom.

Ek gaan in die volgende paar weke my lewe ontleet en probeer sien wie en wat beïnvloed is deur God se werke en my rou gedigte.

Ek moes eers deur emosionele pyn gegaan het om regtig, liefde te kan verstaan en om regtig oop te kon wees, kwesbaar te kon wees en om te verstaan hoe ons huwelik werk.

Daar is min goed wat vir my so lekker is as om saans wanneer die kinders in die bed is styf teen my Werner te kan lê, en te droom. So lekker om veilig te voel, iemand wat my druk om beter te wees en iemand wat al my lelike plekke gesien het en my nie oordeel nie. Ons het nie ‘n perfekte huwelik nie maar hy is perfek vir my my.

Ek gaan nou deur 12 jaar se fisiese pyn, ‘n pyn wat jou liggaam, denke en siel teiken. ‘n daaglikse baklei vir oorlewing heeltemal oorweldiging van emosies. Ek verstaan dit nog nie maar ek gaan krap tot ek doen.

Ek Dink aan Josef in die put, ‘n jong seun totaal en al verwerp deur sy broers, sy bloed. Dan dink ek weer aan daardie gesig toe hulle hom daar weg sleep en hy weet hy was een oomblik ‘n geliefde seun wat goed versorg was en nou is hy ‘n slaaf, daar het nie ‘n program saam gekom wat vir hom stap vir stap gaan verduidelik wat volgende gaan gebeur nie. Maar hy het vertou op die Here hy het vertrou dat hy gered sal word. Het ook nie oornag gebeur nie maar sy vertroue het geseëvier.

Ek moet myself daaraan herhinder in my pyn, vandag se pyn beïnvloed my dalk fisies maar dit het weer ‘n invloed op iemand anders oor hoe ek dit hanteer.

Gaan ek lê en huil heeldag en kerm en kla oor hoe seer ek het, of gaan ek uitreik na iemand anders wat ook pyn het en luister en help?

Moet my nie verkeerd verstaan nie daar was menige dae wat ek net kon huil en bid en herhaal, en dit is OK.

God sal nie van my verwag om op daardie oomblik moeder Theresa te speel nie.

Ek bly in my kop hoor vorm my en maak my soos U wil, en tog God gebruik my pyn my leiding om my te vorm en my te verander. Ek is ‘n geheel ander persoon as wat ek was 10 jaar terug. Met my leiding het ek verander ten goede.

Die Engelse woord is “content” dis hoe ek voel in my geloof ek het soveel vrede in my.