Vandag is n moeilike dag

Vandag is ‘n moeilike dag,

My pyn is meer as wat dit was vir die laaste week. Dink dis die koue wat my bereik

“winter is coming”

Dis baie maklik vir my om in depressie te verval wanneer ek so seer het, alleen is en my besigheid so sukkel. Maklik om ‘n vinger na God te swaai, geïrriteerd te raak met almal. Omdat hulle kan werk, met ‘n liggaam wat werk.

Vandag is so dag. Haal diep asem…………….

Hoeveel keer gaan dit nie deur mens gedagtes dat as dit net beter gaan, as ek net dit kry sal ek happy wees, as dit so gebeur sal ek gelukkig wees. Maar sal jy regtig?

Dad seën ons elke dag (dalk nie soos jy dit wil hê nie) my seëninge vandag is ek het ‘n man wat baie lief is vir my, kinders wat vir my WhatsApp stuur en se hulle is lief vir my.

‘n vriendin wat bel en vra hoe dit gaan.

Party dae kan jy die wêreld versit en ander kan jy maar net lê en dankbaar wees vir wat jy reeds ontvang het (wat jy nie verdien nie)

Ek het vandag seer en is baie in my kop(gevaarlike plek) maar gaan toelaat dat God by wees, in my wees en uitreik na ander, iemand wat ek lanklaas mee gepraat het.

As ek nie beter kan voel nie gaan ek dat God my gebruik om iemand anders beter te laat voel.

Onthou net, dit is ‘n stegte dag nie ‘n slegte lewe nie.

More skyn die son weer, een tree op ‘n slag,

Dankie Dad U is so getrou U is altyd beskikbaar en U voorsien my altyd met wat ek nodig het.

Amen