Ek is ‘n gewone vrou, getroud, 2 kinders, 2 honde ‘n huis paaiement. Worrie ook partymaande gaan ons dit maak, gaan ons survive.
Ek gaan nie my CV uitlê nie gaan jou net verveel. Was ‘n onder gemiddelde skolier het nie na skool gaan leer nie biedjie opleiding hier en daar gehad.
My kennis kom van ondervinding, leer soos ek leef. Ek het nie 10 grade in teologie of sielkunde nie. Ek het geleer hoe ‘n simpel glimlag die hele bui in ‘n vertrek kan lig. Ook oor hoe ‘n frons dit kan omkeer.
Ek is byna 40 jaar oud, nou eers geleer dat om swaar te kry nie ‘n skande is nie. Wat jy ry, wat jy aantrek waar jy bly bepaal nie wie jy is nie.
My 16 jarige dogter het my geleer, om uit my maag te lag vir my eie foute, om elke oomblik te geniet hoe gering. Om net ‘n veer te voel wat ander van my dink, of eder wat ek dink hulle dink.
Dae wat my selfbeeld laag was wat ek voel hoe mense my aangluur en beloer hoe ek aangesukkel kom met my rug stut en kierie, mense wat ek ken eder uit hul pad sal gaan om my nie te groet nie. Dan kry ek skaam vir my stukkende lyf wil net wegkruip.
Dan kom boeta met sy smile wat harte van ver kan smelt, gee my net weer ‘n drukkie of ‘n “love you mamma” so uit die bloute.
So stuur God elke dag vir jou, daai stamp teen die skouer en ‘n knipoog met “you’ve got this” party dae droom ek dit, partydae sien ek dit in vreemdelik se glimlag of ‘n mooi whatsapp of sommer net in sonstrale wat deur die wolke skyn.
Weet ek Hy het my, ek is veilig in die vuur of in die water Hy sal my nooit verlaat nie.
Laat ons mekaar nie verkeerd verstaan nie. My lewe was nog nooit maanskyn en rose nie en verwag ook nie dat dit binnekort gaan word nie.
Daar is min goed wat my so irreteer soos hierdie “inspirational porn” as jy op jou Facebook gaan of wat mense aanstuur.
Hierdie ou was 2 jaar in rolstoel en met al sy harde werk toe loop hy dis nou 20 jaar later en dan vertel hy vir jou die soet sappige storie van sy journey (seker maar wat ek ook doen) niemand gaan deur” life altering” oomblikke of gebeurtenisse sonder kneus plekke of stukkende plekke nie, en op eendag staan jy op en alles is reg, jy is OK daarmee dat jy deur die hel is nie.
Daar is seker sulke amazing mense daarbuite. Maar ek op my stukkende plek kan dit nie hoor of begryp nie, vertel my van jou struggle jou fight nie ‘n “pretencious” voel goed storie nie.
Jesus se lewe was ook nie maklik nie, Hy het sy oog op die prys gehad en niks het hom weerhou van sy plan of doelwitte nie.