Dinge werk nie altyd uit soos ons beplan nie

Die morfien pomp is ingeplant. Klink so vreemd om dit hardop te sê. Ek het ‘n ingeplante pomp. Klink of ek ‘n plaas implement is – haha. Is dit nie amazing wat hulle met tegnologie kan doen nie ? Ek is verwonderd en nee, ek is nie pyn-vry soos wat ek verwag het nie.

Maar, na ‘n vreeslike klomp komplikasies na die inplanting en daarna nog 4 weke in die hospitaal, lyk dinge al ‘n bietjie beter. Gedurende al hierdie dinge, het ek my dogter se 18de verjaarsdag gemis. Ek het ook haar inskrywing vir universiteite gemis. Ons moes ook ons gesinsvakansie uitstel wat ons so lankal na uitgesien het.

Maar, met dit alles moet ek sê, ek en Werner het amazing kinders. Nie een tantrum of verwyt nie. Ek is so trots op al twee my kinders; hoe hulle alles hanteer met soveel geduld en liefde.

Pyn het so baie by my gesteel. Ek was oortuig hierdie gaan my “big break” wees. Ek was regtig teleurgesteld toe ek nie dadelik pyn-vry was soos met die toets fase nie. Ek verstaan ook dat dit ‘n rukkie gaan neem om die doses en konsentrasies reg te kry. Ek is nogsteeds ongelooflik dankbaar dat ek die geleentheid gekry het om die inplanting te kon kry, al het hy my al so baie gekos met tyd en pyn. Ek gaan OK aan die anderkant uitstap. Watch this space!!

Ek het nog baie seer; party dae is erger as ander. Mag nog nie bestuur nie. Weet nie of dit gaan gebeur voor ek nie ‘n automatiese kar het nie. Ek is darm tuis en kan so bietjie vir bietjie my takies begin doen. Ek brand so om bietjie naaldwerk te doen of net alleen na ‘n winkel toe te kan gaan. Ek kan darm uit die huis kom, so nou en dan, is darm nie meer bed gebonde vir 24uur nie.

Maar, tot ons daar kom voel dit of my lewe stil staan. Ek is nie depresief nie, ek dink net teleurgesteld. Woon op die oomblik in neverland, waar niks gebeur vir ure lank – vir dae aan een.

Ek is ongelooflik dankbaar vir die pyn wat al beter is. Ek is dankbaar vir my fantastiese gesin wat my hierdeur dra. Werner smeer my steeds salf in vir ‘n beter nagrus. My kinders dra steeds koffie aan (dink nie dit gaan stop nie – dit geniet ek te veel)

My Dad – die belangrikste van alles, is steeds aan my sy. Ek voel Sy teenwoordigheid om my. Ek weet ek is nie, en was ooit alleen nie. Ek weet dat ek weet dat Hy hierdie medikasie gaan gebruik. Hy het my al so vêr gebring en sal my nie los vir ‘n oomblik nie.

Vir nou, vat ek elke dag soos hy kom. Vertrou Dad vir die res en bid vir ‘n deurbraak op alle vlakke van my lewe. Ek weet daar gaan ‘n dag kom waar ek pyn-vry gaan wees. Ek weet dit. My Dad is nie ‘n wrede God nie.

Maar, nou bid ek vir jou. Dat Dad jou hand sal neem waardeur jy ook mag gaan. Weet net dat niemand so lief is vir jou soos Hy nie. Hy wil hê dit moet goed gaan met jou – Hy is after all jou Pa. Mag God se guns op jou rus en Sy glorie deur jou are druis. Sy liefde oor jou spoel. Hy jou paaie gelyk maak en mag dit net met jou goed gaan. Amen

So the countdown begins

Operasie datum is vas en medies het magtiging gegee. Die bal is aan die rol. Nog net ‘n paar dae, dan word die morfien pomp ingeplant.

Dis ‘n vreemde gevoel. Ek is so opgewonde oor die idee dat my pyn kan verdwyn ! Dat ek kan slaap in die aande; in ‘n kerk bank kan sit en worship sonder dat sweet my afloop en ek hoendervleis kry van pyn. Ek hoef nie te wag dat almal amper uit die kerk is voor Werner my op my voete moet kry nie. Ek die trane moet fight tot by die huis nie.

Ek dink ek het nog daardie klein biedjie twyfel hier in die agterkop. Ek was so opgewonde na daardie een operasie, dat alles nou verby was. Ek dink dis die scenario wat hier in my kop afspeel.

Hierdie kan……gaan ‘n werklikheid word. My Dad is goed vir my!

Ons is tans in die 40 dae lydingstydperk (lent) ter voorbereiding vir Paasfees. Ons herhinder ons aan Sy lyding as mens vir my en jou. Ons herinner ons aan Sy onselfsugtige en wreede dood; die dood van die “ou mens” wat ek was en dan die opstanding van my God vir my en jou en ook die opstanding van my as “nuwe mens”. ‘n Mens so na aan Jesus se hart.

Ek wens ek kon myself deur Sy oë sien. Wat maak my so spesiaal ? Is daar nie dalk iemand anders wat hierdie meer nodig het nie ? Ek is ‘n niemand. ‘n Ongelooflike dankbare niemand wat hierdie geskenk van my Dad vat met oop hande en ‘n dankbare hart.

Ek is ook bang. Weet nie hoekom nie. Dalk die teater en weer ICU. Ek is baie bang vir ‘n teater as ek daai reuk kry en daardie koue vertrek met gemaskerde mense wat om my rondloop almal met een missie; om my lewendig hier uit te kry. Ek weet voor my heilige siel ek gaan wakker word in geweldige pyn.

Maar, ek dink hierdie keer gaan dit anders wees. Ek is opgewonde, bang en sommer alles in een. Ek weet my Dad is by my in hierdie laaste dae van pyn wat my wakker hou. Hy sal by wees soos elke keer van tevore.

Al wat ek nou vra Dad – U is die Pottebakker. U het my gevorm hierdie laaste 14 jaar. Ek weet U het my pyn gebruik om my te vorm in die persoon wat ek vandag is. Ek weet U het my storie gebruik, sodat ek kon uitruik na mense wat nooit oor my pad sou gekom het nie. U het my pyn gebruik om ons verhouding en my geloof te versterk en ook die manier hoe ek lief het. Hoe ek my kinders groot maak en hoe my en Werner se liefde vir mekaar verander het en verdiep het. Min mense kan sê dat hulle na 27 jaar steeds verlief is en dis alles net U toedoen.

Wat is my missie Dad en wat is die plan ? Lê dit voor my uit. Openbaar U plan, want ek leef vir U. In my pyn en sonder my pyn, bly U my Alfa en Omega. Waarvoor het U my voorberei ? Waarvoor het U my gevorm ? Waarvoor moes ek gereed maak ? EK is reg Dad, wat ookal U vir my stuur, ek weet U is daar.

Ek klou vas aan U beloftes en U onveilbare en onregverdige liefde, wat ek nie verdien nie. Nie eers die krummels nie. U Is ongelooflik goed vir my en my gesin. Ons pad is dalk nie gelyk nie, maar sonder swaar kry is daar nie groei nie. Dit het ons geleer hierdie laaste 14 jaar.

Ek is U kind, my Dad is my Koning en Hom sal ek volg tot my laaste asem.

Vir ‘n oomblik.

Ek was vir die toets fase. Die seerste deel was die inspuiting self. Dit werk soos ‘n epiduraal. Na die 5de probeerslag het die Dr die sweet spot gekry. Daai was hond seer!

Terwyl ek daar lê en voel hoe die pyn verdwyn; so biedjie vir biedjie. Ek kon nie op hou huil en hulde bring aan my Here nie. Ek het dadelik vir Werner gebel. Ons het so paar minute saam gehuil uit blydskap. Ek was oortuig dit gaan nie werk nie.

Ek het ‘n hele 24uur gehad sonder pyn. Niks pyn nie. Niks, WOW!!! is ‘n understatement. Was so vreemd; ek ken dit nie. Alle dank aan my Heer. Hy het my sover gekry.

Klink of die inplanting van die pomp vroeg Maart gaan wees. Sal 10/1 ‘n “GoFundMe” page moet begin; daai klein thingy is hond duur. “Customer service voice-cash donations accepted, we also have card facilities” (grappie!).

Dit is die minste van my worries. My Dad het nog altyd deur gekom vir my. Ek is seker Hy sal vir my ‘n weg oopmaak soos gewoonlik.

Hierdie is ‘n kort inskrywing, maar ek hoop ten harte jy kan my dankbaarheid aanvoel!

Was ‘n besonderse voorreg, net om die toets te kon doen. Weer ‘n awesome vrou ontmoet in die hospitaal waarmee ek my getuienis kon deel. Al was dit al rede hoekom ek daar moes wees, dan is dit ook ok.

Alles is op die ou einde in die Here se hande of dit gebeur of nie. Ek is so dankbaar vir daardie 24uur.

Ek is so ongelooflik dankbaar, al kry ek nie die masjien nie. Al was daai 24uur my enigste sonder pyn. Dan is dit ook ok. Ek wou so graag weer voel hoe dit voel om geen pyn te voel nie. Weereens het my God, my Dad my gebed verhoor en net weereens bewys dat Hy altyd by my is. In my goeie en slegte tye. Sonder Sy liefde en Genade, is ek niks.

Dankie Heer, my Hero, my Vriend, my Saligmaker, my Dad.

Bid vir my Heilge Gees

Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.

ROMEINE 8:26 AFR83

Hoe baie loop die trane nie oor die wange nie, en ons weet nie meer wat om te bid nie. Ek voel ek het hierdie gebed al so baie gebid; ek is seker Dad kan dit woord-vir-woord saam sê. Dan lees jy hierdie vers raak in Romeine waar geskrywe staan dat, as jy nie kan nie, sal die Heilge Gees instaan vir jou en namens jou bid in woorde wat jy nie ken nie of aan dink nie. Is dit nie AMAZING hoe Hy voorsiening gemaak het vir tye soos dit nie ? Party dae al wat ek kan uit kry is : “Dad help my. Hou my vas.” Maar, nou kan ek met gerustheid weet dat die Heilige Gees instaan vir my. Hy word nie verniet Heilge Gees my helper genoem nie !

Om eerlik te wees, ek is nie op ‘n goeie plek nie. Ek het geweldige pyn wat geen pynpil enigsins enige verligting bring nie. Kan ook nie bestuur nie. My kar is ‘n handrat en met my dooie voet sal ek ‘n automatiese kar moet kry (not happening soon.)

Die toets fase vir die morfien pomp is geboek vir die week; wag om te hoor van die medies of dit wel gaan gebeur. Daardie pyn pomp is ‘n astronomiese bedrag (nog ‘n fight wat op ons wag)

Ek was verlede week so kwaad vir my omstandighede. Kwaad vir mense wat my uitsluit en onwelkom laat voel. Ek is baie selfbewus met my kruk waarmee ek moet loop en my disabled parking lisensieskyf in die kar venster (‘n legal een). Ek dink ek was meer jaloers oor hoe almal net vorentoe beweeg, en ek is vasgevang in my huis en in my lyf.

Ek begin weer biedjie waag om te droom. Ook maar baie versigtig. Ek is baie bang om opgewonde te raak vir iets. ‘n Idee, ‘n event. Bang ek begin net opgewonde raak dan word die mat net weer onder my uitgeruk. Ek het ‘n nuwe besigheids idee in die kop. Ek bid nog daaroor. Ek wil doodseker wees dat dit van Hom afkom en dat Hy my gaan ondersteun. Dis hoekom ek baie bid en beplan, maar wag op my bevesting voor ek voort gaan. Ek vertrou my God. As dit nie vir my is nie, dan is daar ‘n rede.

Almal slaap. My pyn is alweer deur die dak vanaand. Ek het ook nou besluit – gaan nie meer vra hoekom en waarom nie. Niemand op hierdie aardbol kan vir my ‘n antwoord gee nie, so why bother ? Dis hoe dit is. Daar is baie mense wat soveel erger af is as ek.

Ek weet dat waarheen ek eendag gaan, dat daar by Dad geen pyn is nie. Ek weet dat waar ek nou is, is net tydelik. Hierdie is nie permanent nie, al voel 14 jaar permanent, dit nie is nie.

Ek luister my gunsteling musiek terwyl ek hier skryf 4uur in die oggend.
“I’m just a nobody trying to tell everybody,
About Somebody, who can save anybody.”

Dink dis die rede. Ek is ‘n niemand wat vir iemand moet vertel hoe lief Dad hom het.

Of jy ‘n negatiewe bank balans het of miljoene in die bank. In ‘n shack bly of in ‘n mansion. Hy is lief vir jou, nes jy is. Of jy nou designer klere dra of tweede-hands. Hy is lief vir jou!

Jy het dalk biedjie grondpad gery soos ek, of joune het dalk nog meer potholes op gehad as myne. Of jy ry dalk op ‘n nuut geteerde pad. Hy is steeds lief vir jou.

Hy het steeds aan daardie kruis gehang en jou naam was op sy lippe. Hy het daar gehang en geweet van elke fout wat jy gaan maak, maar steeds vir jou gesterf so lief is Hy vir jou.

Jy is perfek of jy nou 50kg weeg of 150kg; daar is plek vir jou in Dad se huis waar almal welkom is. 

Ek is ongelooflik dankbaar. My geloof in Hom verdiep en versterk net meer elke dag. Ek is ongelooflik dankbaar dat ek ‘n Godvresende man het wat se geloof sterk is. Wanneer myne laag is, gee hy my biedjie van syne.

Ek is moeg en ek is seer, maar ek weet my Dad is by my. ALTYD. Hy hou my staande.

Ek met my pyn, met al my letsels en merke. My sproete, my nie so plat maag. My verlede, my kinderdae trauma en met al my foute. Hy is perfectly, onvoorwaarlik, onbeperk, no stings attached, lief vir my soos niemand op hierdie aardbol my kan lief hê nie. Ek is perfek gemaak, nes Hy my wou hê.

Onthou dit wanneer jy voor die spieël staan. Werk mooi met jouself. Praat mooi met jouself. Jy is perfek vir Hom. Vergeet van die samelewing. Dis tog net Sy opinie wat saak maak.

Be kind. Wees biedie meer vriendeliker met jouself en jou naaste. Jy sal sommer sien die sonskyn helderder en liedjies is mooier en drukkies is lekkerder.

By Hom is ek veilig.

As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het.
ROMEINE 5:1 NLV
https://bible.com/af/bible/117/rom.5.1.NLV

Nostalgie, ek en Werner lê tot na middernag en gesels en lag oor ons jonger dae. Skool dae, hoe ons op die teer pad saans gelê en sterre gekyk het. Die dorp plat geloop het, wanneer ons warm gekry het vinnig ‘n swem in die rivier gevat het, of ‘n 2l coke het jou na ure by Rob Ferreira ingekry.

Hoe hy my Sondae middae geleer bestuur het, ons onder koelte bome gelê en droom het. Skelm hande vasgehou het pouses, love letters aan-gepass het tussen klasse wissel.

Ek mis daai dae, jissie ek wens jy kon my gesien het op ‘n atletiek veld, netbal – of korfbal  baan. Sport was my alles en ek het my alles gegee.

Mis daai lyf; wat aande om kon dans by skool sokkies, wat vir ure kon oefen sonder enige probleme.

Ek probeer nou op ‘n plek kom waar ek ok is met my omstandighede ok is met die stukkende lyf. Ek weet daai girl is weg. Sal nooit weer daardie goed kan doen nie. Om die waarheid te sê weet ek nie hoe dit voel om nie pyn te hê wat aan jou knaag nie. Jissie ek is moeg, moeg om te maak of ek ok is, moeg om voortegee.

Ek weet ek het so baie om voor dankbaar te wees…. Dis baie makliker om net die negatiewe goed te sien, negatiewe goed te hoor wat jy vir jouself fluister en daar in die donker plek te gaan uitkamp en te soak in selfbejammering.

My Dad het my hardegat gemaak, ek is party dae ‘n tawwe koekie maar ek het my dae, probeer om nie daar tekamp nie. Gaan as ‘n dag besoeker! Ek het baie pyn, party dae meer as ander maar ek het ‘n span agter my.

My Dad het belowe Hy los my nooit nie, Sy Engele omring my en ek voel sy glorie oor my spoel in my pyn. Al verstaan ek nie ek weet ek is OK.

Is dit nie amazing dat iemand jou so lief het nie? Die wete verstom my elke dag. Hy is, so amazing en Hy is so lief vir my; ‘n niemand ‘n blip. Wow ek kan nie wag om eendag in Sy arms in te spring nie. Dit gaan ‘n amazing dag wees. Kan nie wag nie.

Maak nie saak hoeveel keer ek baklei, huil en smeek nie. Hy is daar, sy verlore dogter is altyd welkom tuis.

Daarvoor is ek so dankbaar om te weet Hy het altyd vir my tyd,  Hy sal altyd na my luister by Hom kan ek, baklei en moan en huil. Ek word nie gejudge nie word nie bejammer nie word net vas gedruk en voel ek mors nie sy tyd nie, vir Hom is ek belangrik.

Onthou dit volgende keer as jy dalk voel jy is “too much” vir die mense om jou of sommer vir jouself. By Hom is jy net genoeg en in Sy arms is jy altyd welkom, Hy sal nooit sy rug op jou draai nie.

Voorspoedige nuwe jaar.

Die betekenis verander aansienlik soos mens ouer word. Ons dink aan almal wat ons al verloor het, lewend en sterwend. Ek mis hulle geweldig, maar ek weet waar hulle is; my liefde vir hulle bly, al is die verlange swaar.

Ek onthou nog my eerste nuwe jaars partytjie na ek matriek geskryf het in 1999. Y2K – almal het gedink dis die einde van die wêreld. Ek giggel as ek nou daaraan dink. Dink ‘n paar mense het hulle asems opgehou toe daardie klok middernag slaan !

Ek het met daai happy new year slag besef – jy is nou nie meer ‘n kind nie, nou is jy ‘n grootmens. Nou moet jy dink soos ‘n grootmens. Was nog nie eers behoorlik 2000 nie, toe is ek in die Ambulance Collage in Potchefstroom en is ‘n volunteer in my af-dae en naweke by Fochville Brandweer.

My drome het begin met soveel opwinding.
Bright-eyed and bushy tailed – my eerste vaste werk by Krugersdorp Brandweer. Ek was trots daarop om in die eerste groep vroue te wees wat aangestel was. Daar het ek geleer wat dit beteken om iemand met jou lewe te vertou. Kameraadskap – dis ‘n band tussen mense wat min sal verstaan.

Fast forward na 2002 toe die klok middernag slaan, staan my liefde op sy knieë en vra die “ja” woord. Wessies (area in ons dorp) lyk of dit afgespreek was presies op daardie oomblik. ‘n Sprokiesagtige blyspel van vuurwerke agter Werner. Agt maande later loop ek met daai gangetjie af en maak die groot belofte – my 2de beste keuse van my lewe. Werner se gesigsuitdrukking sal ek nooit vergeet nie. Dit was ‘n wonderlike dag.

Nou dink ek aan wat vir ons voorlê in 2023. Dit is Sus se matriek jaar en Boeta in Gr10. Wanneer het hulle so groot geword?

Ek mis hulle baba lyfies en vet armpies om my nek en nat soene en taai handjies, tot die 7023 keer wat ons Lion King gekyk het en Ben10 en Kim Possible. (Daai een was Werner se favorite.) Nooit gedink ek sou dit mis nie. Scar en Mufasa het elke aand baklei in die bad tot Mufasa na sy dood geval het. Die speelgoed leeutjies was elke aan op die bad se rand; reg vir aksie. Dit was so oulik as die 2 ook net in Engels met mekaar gespeel het – was biedjie vreemd. Maar, nou praat Boeta beter Engels as Afrikaans. As hy nie iets lekker verstaan nie, moet ek translate, nooit anders om nie. Ek is so lief vir die 2 – elke drukkie en elke koppie koffie. My gunsteling dogter en my gunsteling seun. Vir hulle loop ek kaalpoot oor die Drakensberge.

Dan is ek bang. Ek is bang vir die pyn wat voorlê die jaar, en moeg vir voorgee voor mense dat alles OK is, omdat ek weet hulle stel nie regtig belang nie of nie regtig wil weet nie en nooit sal verstaan nie. Hulle vra net uit vriendelikheid uit en “frankly” is ek gatvol om myself te verduidelik as ek nie iets kan doen nie of nie wil doen nie.

Maar, aan die ander kant het ek ‘n hoopvolle hart; hoop ek dat my Dad vir my ‘n uitkoms sal gee op Sy tyd. Ek weet Hy sal voorsien – Hy doen altyd.
Dis my hoop en my gebed vir my en jou dat al ons gebede sal waar word. Dat ons so vervul sal word deur Sy Heilige Gees, dat ons sal oorloop van Sy heiligheid en Sy Heerlikheid !

Dat ander wat ons sien, Hom sal sien en soos ons sal wil wees. Vol van Sy liefde en Sy glorie. Sy lig deur ons skyn sodat mense dit sommer van vêr sal kan sien !

Dis my hoop vir jou. Los jou tasse, al jou bagasie in die verlede, waar dit hoort en klou vas aan Sy woord en Sy beloftes vir jou.
Mag Hy saam jou wees vir nou en vir ewig.

Toekoms!

Moet my tog nie verlaat nie, Here my God, moenie ver van my af bly nie. Kom tog gou om my te help, Here, my redder.
TPSALMS 38:22‭-‬23 NLV
https://bible.com/bible/117/psa.38.22-23.NLV

Die Bybel is vol stories wat ons leer dat ons moet wag op die Here. Sy tyd nie ons s’n nie.

Elisabet, Sara, Jabob, Josef, Moses en Noag, ens. moes almal wag. So kan ek aangaan – almal moes wag, bid en werk. Dit moes gevoel het soos ‘n ewigheid tot hulle-hulle wonderwerk van God af gekry het.

In hierdie seisoen van “my wag” , raak ek so frustreerd. My liggaam faal my, besigheid is stil ek sukkel om addisionele werk te kry wat ek van die huis af kan doen.

Sulke dae voel dit of ek in die dak vas bid. Dad voel vêr. Dan kom twyfel en fluister in my oor “Jy is nie goed genoeg nie. Jy is liggaamlik geskend; niemand gaan jou help nie. God wil jou nie eers help nie wie dink jy, is jy?” Party dae kan ek die stem stil maak en afweer, maar ander dae is ek doodeenvoudig nie sterk genoeg nie.

Dan dink ek maar net weer aan van die vele verhale in die Bybel. Sommiges het nie dae, weke of maande gewag nie. Party het jare gewag om te kry wat hulle harte begeer.

Dalk kom my wonderwerk nie in die laaste stuk van 2022 of selfs nie eers in 2023 nie, maar ek weet my Dad baklei vir my. Ek weet Hy is by my. Ek weet ek moet sterk staan, op my knee bly en op hom vertrou en op Sy tyd vertrou.

Ek kyk in my kinders se oë en dan besef ek net weer hoe geweldig gelukkig ek is. Hulle is goed gevormde tieners met mooi maniere en weet wie God is in hulle lewens.

Ek weet nie wat die toekoms vir my hou nie. Ek weet nie of my pyn eendag sal ophou nie. Ek weet ek het ‘n God wat my nooit agter sal laat nie. Ek weet ek kan op Hom vertrou. Ek wag op Hom of dit nou môre is of oor 20 jaar. Ek weet dit kom. Ek weet Hy kom. Ek weet ek sal verlos word vanuit my slaverny.

Geduldig wag ek op U my Here. Geduldig verstom ek my in U heiligheid, U wonderlike natuur – elke blommetjie wat bot, elke sonsopkoms en ondergang, elke druppel reën. Elke kinder laggie. Elke drukkie wat ek ontvang sien ek U almag, sien en ervaar ek U liefde – so onbeskryflik groot!

Saam met Dad droom ek oor môres; droom oor pyne-vrye dae. Hoe ek kaalvoet oor kortgesnyde gras hardloop, my kleinkinders in die lug gooi en weer vang. Hulle in die rondte draai tot ons albei dronk voel en plat op die gras lê en prentjies maak uit die wolke.

Vir ure in die see spandeer en deur golwe duik en giggel wanneer jy holderstebolder weer na jou asem snak. Hand-aan-hand op die strand met sonsopkoms saam die liefde van my lewe gaan stap….

Maar vir nou, droom ek en weet my drome sal waar word in hierdie lewe of in my Ewige.

Hoop sal ek hoop en glo sal ek glo, al is dit die laaste ding wat ek doen.

Dit gaan ok wees

Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie,
EFESIËRS 2:8‭-‬9 NLV
https://bible.com/bible/117/eph.2.8-9.NLV

Dis nou 2 maande na my laaste operasie. Volgens my Dr is dit weereens “failed back surgery sindrome” Dis is wanneer jy ‘n operasie gehad het, maar die pyn wat jy voor die tyd gehad het is steeds daar. Ek het wel been groei wat hy al kan sien op die plate, wat ‘n klein wonderwerkie is op sy eie.

My pyn vlakke is geweldig hoog en ek sukkel steeds met my been pyn en verswakte gebruik, knie reflex is baie swakker as die ander been en geen reflex in die voet.

Ek het so geworstel met hierdie operasie. Ek was regtig vas oortuig dit is verby, ek gaan nou begin leef maar dis nie wat gebeur het nie.

Is alle hoop goed vir jou, kry mens iets soos toksiese hoop? Ons het gepraat oor die stimilator maar hy het gesê as ek ‘n kwaliteit lewe wil hê gaan ek ‘n pyn pomp moet kry (intratekale morfienpomp) baie meer effektief as orale pynstillers en baie minder newe effekte. Ek was vreeslik gekant daarteen in die verlede maar nou sing ek ‘n ander deuntjie.

Daar wil weer hoop opvlam in my, daar is weer ‘n kans dat ek kan voel hoe dit moet wees sonder pyn, pyn het so normaal geword vir my so deel van my bestaan vir solank. Is daar regtig ‘n kans dat ek pynvry kan lewe. Mag ek waag om te hoop?

Mag ek droom vir beter of gaan ek net weer teleurgesteld word. Of bite mens net die bullet en kyk wat gebeur. Ek is bang om te hoop, bang om te droom. Ek sit my vertroue in my Dad. Hy weet van beter as dit moet beter sal dit beter en dit sal werk, as dit nie in sy beplanning is nie sal dit nie. My hart sal weer breek maar ek weet Hy is daar om die stukkies op te tel.

Ek sal hoop hê in Hom en droom saam met Hom. Dis al hoe ek wat ook al die toekoms vir my gee sal kan hanteer.

My toekoms is onbekend ek weet nie hoe dit gaan lyk nie. Wat ek wel weet is dat daar nie een gesonde werwel in my rug is nie van al die werwels in my rug het 12 skroewe in. Eerlikwaar dink ek nie dit gaan ophou by net 12 nie.

Ek weet dat ek weet dat pyn probeer my geloof te wankel maar dit is onmoontlik. My liefde vir my God is onwankelbaar en sy liefde vir my onbeskryflik.

Ek kan nie myself indink waar ek vandag sou gewees het sonder Hom nie ek het net op die regte tyd van my lewe Hom aanvaar en bekeer. Hy het vir my ‘n wonderlike gesin gegee ‘n fantastiese man, ‘n Godvresende man.

Hierdie affêre is vir my moeilik ek is in pyn 24/7 slaap miskien 3 of 4ure as ek gelukkig is. As ek mooi dink en kyk hoe dit my man affekteer, dit is hartverskeurend.

Hy is ‘n “fix it” ou as iets stukkend is maak hy reg, en hier is geen pleister of salf wat hierdie seer wegvat nie. Ek dink nie dis maklik om magteloos toe te kyk hoe iemand swaarkry waarvoor jy so lief is nie en jy kan niks doen om dit beter te maak nie.

Ek is op ‘n “spinal fusion support group” op Facebook en dis ongelooflik hoeveel mense se eggenote net wegstap wanneer dinge biedjie moeilik raak.

Dis iets wat ek nog nooit oor hoef te worry nie. My Dad het vir my ‘n gesonde huwelik gegee, ‘n man wat ek mal is oor. Ons is al 26 jaar saam hierdie jaar 19 jaar getroud en ek is steeds verlief en verlore in sy arms. Niks voel so tuis soos om met my kop op sy bors te lê nie of sy drukkies nie. Dis my happy place my save haven.

Ek weet nie wat die toekoms vir my inhou nie maar ek weet dit gaan ok wees ek het ‘n getroue God en ‘n amazing gesin.

Ek is nie alleen nie, hierdie stukkende gebroke lyf is net tydelik ek is net ‘n toeris in hierdie wêreld. Daar wag vir my beter in my ewige lewe en daarvoor kan ek nie wag nie.

My pel PYN!

My pel pyn, dalk eder my “conjoined twin” sussie waarvan ek nie kan ontslae raak nie.

Soveel gemengde gevoelens oor die opkomende operasie.

Punt 1: Dis nie so groot en gevaarlik soos die vorige een nie, seker ‘n plus punt.

Punt 2: Ek weet presies wat om te verwag, not my first time.

Punt 3: Watse permanente senuwee skade gaan ek oorhê na die een? Ek het reeds geen dorsale voet refleks nie, dit kom van my heel eerste operasie 13 jaar terug. Gaan ek alle gebruik verloor van my voet of gaan daar geen permanente oorblyfsel wees nie?

Punt 4: My geskiedenis met non-hegting (slegte been groei) laat my altyd langer met ‘n stut loop en langer op bed rus wees. Wat gaan ek hê van my dogter se matriek jaar?

Punt 5: Hoeveel keer nog, gaan dit aanhou tot elke werwel skroewe in het of wanneer ek nie meer wakker word na narkose nie? Wanneer is opgee ‘n opsie? Ek is moeg!

Almal se altyd die Here sal nie vir jou iets gee wat jy nie sal kan hanteer nie. Ek begin dink Hy het heeltemal teveel vertroue in my.

Ek het nie die tyd of die gedult hiervoor nie, ek wil nie weer hospitaal toe gaan nie my hare het nou net begin ophou uitval, nou gaan dit vanvoor af gebeur. My geheue is elke keer slegter wanneer ek huis toe kom.

PYN 3 lettertjies net 3, so klein woordjie so patetiese klein woordjie wat soveel verwoesting saai. Soveel steel, soveel verander. Pyn klink so belaglik as jy dit hardop sê so irrelevant. Maar so deel van elke oomblik van my bestaan slaap met pyn word wakker met pyn. Nooit los hy nie, pyn my irriterende tweeling sussie sonder ‘n brein wat op my teer wat my vreet wat my probeer vernietig sonder resultaat.

Ek is dankbaar vir my Dad die belangrikste verhouding in my lewe. Iets wat niemand kan vat nie, nie eers pyn nie. My DAD; God van my lewe die belangrikste. Hy kry my deur lang slapelose nagte wanneer pyn medikasie nie werk nie. Dan dans ek en Hy ek is ‘n klein dogtertjie so lig so veer dan dans ek en Hy draai en swaai Hy my en ek giggel net soos wat ‘n kind kan tot die slaap kom.

My Dad wat my storie tot Sy glorie maak. Wat my getuienis gebruik om ander te help.

Pyn sal nie wen nie my Dad doen elke keer. Hoe meer pyn ek het hoe meer bid ek hoe meer ek bid hoe dieper word my verhouding. Pyn sal nooit kan wen nie my Dad is groter as pyn ‘n stupid 3 letter woord. My Dad kan jou uit wis met ‘n snap van sy vingers.

My Dad is ‘n awesome God en daaraan klou ek met my hele lewe.

Here we go again!!!!

1 jaar 4 maande na my laaste fusie en ek is weer in dieselfde hospitaal. Met emosies all over the place.

Ek is darm geestelik en emosioneel op ‘n beter plek as waar ek was verlede jaar voor my operasie. Ek het so baie gegroei. Fisies not so much. Maar, ek is baie teleurgestel. Ek’t gedink ek is sterk oppad; oppad na herstel.

Vier dae op binne-aarse pyn behandeling, wat geen dyk in my pyn maak nie. Moes weer gaan vir plate, MRI en Flikkergram. Fusie nr 9 is op die tafel…ek moet weer geopereer word. Ek kan dit nie klein kry nie.

Om die waarheid te sê, ek weet nie wat om te voel of wat om te sê nie.

Ek is bang, want ek weet presies wat vir my voorlê.

Gaan ek wakker word? Vorige een het ek amper nie? Ek weet waarheen ek gaan; ek is nie bang vir doodgaan nie. Maar, gaan my man en kids ok wees. My kinders is op so ‘n kwesbare ouderdom waar hulle, mamma en pappa nodig het.

Is dit die laaste ? Hoeveel nog ? Ek weet nie hoeveel ek nog kan vat nie?

Hoeveel keer het ek nie al na U uitgeroep nie ? Hoeveel keer het ek nie U gevra : “Vat net hierdie pyn” nie? Ek het U so nodig maar, voel so alleen. Dad hoeveel keer nog ? Hoe lank nog? My lewe het so verander. My verhouding met U en my harts mense het so verdiep. Dad, wat moet ek nog leer ? Wat mis ek? Dad asb, ek weet nie of ek sterk genoeg is hiervoor nie.

Ek is ook deur dit alles. Rustig. Ek is kalm, alles ten danke aan Dad – verseker. Eenkant hoop ek Hy wil my genees en aan die ander kant wens ek Hy wil my kom haal. Hierdie pyn sal ek vir niemand wil gee of toe wens nie. Ek wil net hê dit moet ophou. Op die stadium gee ek nie om hoe nie.

Ek weet nie wat om te voel nie. Ek is bang (dit weet ek) maar, ook numb. My Dad weet van beter. Ek vertrou hom en ek glo hy het die beste vir my voor oë. Ek het my laaste nag in die hospitaal weer ‘n vrou gehad; het nie eers haar naam gevra nie; maar ons het so diep gesprek gehad oor my Dad. Dalk sit Hy my daar spesifiek vir dit. Who knows? Ek is baie confused, dit het goed gegaan vir lank.

Maar eendag sal ek weet. Hoop nie dit te lank nie. Ek hunker na my Vader se wil. Om op sy skoot te sit en van al die pyn en ellende te vergeet.

Maar, daar is so baie wat ek nog soek, na uitsien. My kinders se matriekafskede, eerste liefdes, troues en natuurlik om my kleinkinders op te soen. Sal graag wil sien wat se ouers hulle sal wees. Ek wil oud en grys word saam die liefde van my lewe.

Ag my Vader weet van beter. Hy het ‘n plan en ek vertrou Hom met alles. What must happen must happen. Ek weet alles kom van Hom. Hy dra my, het vir my ‘n wonderlike lewe gegee. ‘n Man wat ek nog nooit oor hoef te twyfel het nie. Iemand waar ek altyd veilig by voel.

Hierdie lê ek ook neer by U voete liewe Heer; alles in U hande. Ek vat dit nou dag vir dag. U het my nog altyd in U hand. U is my Verlosser en Saligmaker. By U is ek veilig. As dit nou nog ‘n operasie is, dan is dit nou maar so. Om te kerm en te kla gaan niks daaraan verander nie. My lyf is moeg, moeg baklei. Ek gee alles oor aan U. Vat dit, maak soos U goed dink. Ek sal dit aanvaar. U weet van beter. U is in beheer.