
Die morfien pomp is ingeplant. Klink so vreemd om dit hardop te sê. Ek het ‘n ingeplante pomp. Klink of ek ‘n plaas implement is – haha. Is dit nie amazing wat hulle met tegnologie kan doen nie ? Ek is verwonderd en nee, ek is nie pyn-vry soos wat ek verwag het nie.
Maar, na ‘n vreeslike klomp komplikasies na die inplanting en daarna nog 4 weke in die hospitaal, lyk dinge al ‘n bietjie beter. Gedurende al hierdie dinge, het ek my dogter se 18de verjaarsdag gemis. Ek het ook haar inskrywing vir universiteite gemis. Ons moes ook ons gesinsvakansie uitstel wat ons so lankal na uitgesien het.
Maar, met dit alles moet ek sê, ek en Werner het amazing kinders. Nie een tantrum of verwyt nie. Ek is so trots op al twee my kinders; hoe hulle alles hanteer met soveel geduld en liefde.
Pyn het so baie by my gesteel. Ek was oortuig hierdie gaan my “big break” wees. Ek was regtig teleurgesteld toe ek nie dadelik pyn-vry was soos met die toets fase nie. Ek verstaan ook dat dit ‘n rukkie gaan neem om die doses en konsentrasies reg te kry. Ek is nogsteeds ongelooflik dankbaar dat ek die geleentheid gekry het om die inplanting te kon kry, al het hy my al so baie gekos met tyd en pyn. Ek gaan OK aan die anderkant uitstap. Watch this space!!
Ek het nog baie seer; party dae is erger as ander. Mag nog nie bestuur nie. Weet nie of dit gaan gebeur voor ek nie ‘n automatiese kar het nie. Ek is darm tuis en kan so bietjie vir bietjie my takies begin doen. Ek brand so om bietjie naaldwerk te doen of net alleen na ‘n winkel toe te kan gaan. Ek kan darm uit die huis kom, so nou en dan, is darm nie meer bed gebonde vir 24uur nie.
Maar, tot ons daar kom voel dit of my lewe stil staan. Ek is nie depresief nie, ek dink net teleurgesteld. Woon op die oomblik in neverland, waar niks gebeur vir ure lank – vir dae aan een.
Ek is ongelooflik dankbaar vir die pyn wat al beter is. Ek is dankbaar vir my fantastiese gesin wat my hierdeur dra. Werner smeer my steeds salf in vir ‘n beter nagrus. My kinders dra steeds koffie aan (dink nie dit gaan stop nie – dit geniet ek te veel)
My Dad – die belangrikste van alles, is steeds aan my sy. Ek voel Sy teenwoordigheid om my. Ek weet ek is nie, en was ooit alleen nie. Ek weet dat ek weet dat Hy hierdie medikasie gaan gebruik. Hy het my al so vêr gebring en sal my nie los vir ‘n oomblik nie.
Vir nou, vat ek elke dag soos hy kom. Vertrou Dad vir die res en bid vir ‘n deurbraak op alle vlakke van my lewe. Ek weet daar gaan ‘n dag kom waar ek pyn-vry gaan wees. Ek weet dit. My Dad is nie ‘n wrede God nie.
Maar, nou bid ek vir jou. Dat Dad jou hand sal neem waardeur jy ook mag gaan. Weet net dat niemand so lief is vir jou soos Hy nie. Hy wil hê dit moet goed gaan met jou – Hy is after all jou Pa. Mag God se guns op jou rus en Sy glorie deur jou are druis. Sy liefde oor jou spoel. Hy jou paaie gelyk maak en mag dit net met jou goed gaan. Amen








