
My pel pyn, dalk eder my “conjoined twin” sussie waarvan ek nie kan ontslae raak nie.
Soveel gemengde gevoelens oor die opkomende operasie.
Punt 1: Dis nie so groot en gevaarlik soos die vorige een nie, seker ‘n plus punt.
Punt 2: Ek weet presies wat om te verwag, not my first time.
Punt 3: Watse permanente senuwee skade gaan ek oorhê na die een? Ek het reeds geen dorsale voet refleks nie, dit kom van my heel eerste operasie 13 jaar terug. Gaan ek alle gebruik verloor van my voet of gaan daar geen permanente oorblyfsel wees nie?
Punt 4: My geskiedenis met non-hegting (slegte been groei) laat my altyd langer met ‘n stut loop en langer op bed rus wees. Wat gaan ek hê van my dogter se matriek jaar?
Punt 5: Hoeveel keer nog, gaan dit aanhou tot elke werwel skroewe in het of wanneer ek nie meer wakker word na narkose nie? Wanneer is opgee ‘n opsie? Ek is moeg!
Almal se altyd die Here sal nie vir jou iets gee wat jy nie sal kan hanteer nie. Ek begin dink Hy het heeltemal teveel vertroue in my.
Ek het nie die tyd of die gedult hiervoor nie, ek wil nie weer hospitaal toe gaan nie my hare het nou net begin ophou uitval, nou gaan dit vanvoor af gebeur. My geheue is elke keer slegter wanneer ek huis toe kom.
PYN 3 lettertjies net 3, so klein woordjie so patetiese klein woordjie wat soveel verwoesting saai. Soveel steel, soveel verander. Pyn klink so belaglik as jy dit hardop sê so irrelevant. Maar so deel van elke oomblik van my bestaan slaap met pyn word wakker met pyn. Nooit los hy nie, pyn my irriterende tweeling sussie sonder ‘n brein wat op my teer wat my vreet wat my probeer vernietig sonder resultaat.
Ek is dankbaar vir my Dad die belangrikste verhouding in my lewe. Iets wat niemand kan vat nie, nie eers pyn nie. My DAD; God van my lewe die belangrikste. Hy kry my deur lang slapelose nagte wanneer pyn medikasie nie werk nie. Dan dans ek en Hy ek is ‘n klein dogtertjie so lig so veer dan dans ek en Hy draai en swaai Hy my en ek giggel net soos wat ‘n kind kan tot die slaap kom.
My Dad wat my storie tot Sy glorie maak. Wat my getuienis gebruik om ander te help.
Pyn sal nie wen nie my Dad doen elke keer. Hoe meer pyn ek het hoe meer bid ek hoe meer ek bid hoe dieper word my verhouding. Pyn sal nooit kan wen nie my Dad is groter as pyn ‘n stupid 3 letter woord. My Dad kan jou uit wis met ‘n snap van sy vingers.
My Dad is ‘n awesome God en daaraan klou ek met my hele lewe.