Jou legende

Ek was so ruk terug by ‘n begrafnis. Hulle het die tannie se begrafnis brief gelees, en ek was so beindruk met wat sy alles in haar lewe bereik het. Hoeveel lewens sy aangeraak het.

Nou nie dag by my vriendin sin. Sit ek in die kerk en luister hoeveel mense sy soveel beteken het. Watse so groot impak sy gehad het, het op soveel mense. Ek wonder of sy dit geweet het?

Ek sal my laaste kuier met haar nooit vergeet nie, ons het so lekker gelag gesels oor alles behalwe siekte en pyn net so voor ons loop “nee kom ons moet ‘n fodie neem” so bly ek het ek, koester hierdie foto my hele hart.

Ons het seker 10 keer oor en weer gese hoe lief ons mekaar het, seker nie so baie nie het so gevoel.. Sy was so vol hoop so vol van Sy heerlikheid dit het uit haar gestraal dit is hoe ek haar gaan onthou, groot hart plek vir almal en sy het ons Dad so lief.

Ek is nou weer van my storie af. Hierdie het my laat dink wat gaan hulle van my sê wanneer ek nie meer hier is nie? Het jy al gesit en jou begrafnisbrief geskryf of probeer, nie so maklik nie ne?

Het jy al daaraan gedink gaan dit goeie goed wees, of gaan hulle ‘n standaard briefie wees, want niemand kan aan een enkele ding dink wat goed is wat jy gedoen of bereik het nie.

EK bedoel nie jy moet die trofee van vrou of man van die jaar wen nie. Of die minister van iets wees nie. Watse mens was jy hoe het jy mense om jou laat voel, wat gaan hulle vir jou onthou?

Wat gaan mense onthou van jou wanneer jy weg is, is jy die ou waarmee enigeen mee kon gesels die een wat altyd ‘n glimlag gehad het. Is jy die ou wat altyd besig was en kan net nie n tydjie af knyp vir jou mense of vriende nie “want ek is so naby aan daardie bevordering, of net te besig”

Is jy die een wat iemand eerste bel, met goeie en slegte nuus? Is jy die een wat die bord kos aandra waneer siekte die huis oor gevat het en almal te siek en swak is om iets te maak.

Ek skryf nie hierdie om jou sleg te laat voel nie, ek wil ook nie he jy moet voel jy moet soos moeder Teresa wees om waardig te voel nie.

God het immers gese ons hoef niks spesiaals te doen nie, daar is niks wat jy kan doen of sê nie wat hom minder lief vir jou gaan maak nie. Maar jou hart moet klop vir Sy mense die arm, weduwees en kinders veral wesesies.

Hierdie is ‘n persoonlike ding vir my, wat laat ek my kinders agter. Wat gaan hulle van my onthou: Wat gaan die min wat hulle my vriende noem van my onthou en sê wanneer ek onder my silwer kombers lê.

Een ding wat ons geleer het die laaste tyd is die lewe is kort, of jy nou 80 of 35 word dis kort. Wees wie jy gemaak is om te wees. Wees wie God jou geskape het om te wees. Jy sal weet as jy op die regte pad is, Hy sal vir jou soos wat Hy met my net ‘n hupstootjie gee in die regte rigting in. Om terug te draai na Hom.

Ek word party dae so kwaad vir Hom. Hy het my ‘n omgee hart gegee ‘n hart om te dien maar ‘n lyf wat niks kan doen nie n stuk nuttelose stuk vel. Hoekom moet Hy dit so moeilik vir my maak en seker vir so baie ander ook.

Ek hoop julle onthou die goeie dinge van my, my lawe goed my snaakse goed ek hoop julle onthou die goed wat ek gemaak het en meeste hoop ek julle onthou my liefdie my liefde vir julle, God se kinders my liefde vir Hom my groot liefde wat my dra al baklei ek los Hy my nooit nie Hy wat vir my so goeie man gestuur het wat my moed inpraat my vashou en vertel hoe lief Dad my het en soveel planne Hy vir my het. Ek hoop julle onthou my liefde vir gospel oh my ek maak my kids mal die elke dag praise en worship in hierdie huis of ons nou werk of kos maak. Onthou ook maar my slegte humeur my kort lont. Maar ernistig wat gaan jy onthou wat gaan ons van jou onthou?

Wie is jy?

Comment gerus.

Belowe jy gaan nie nuus briewe kry nie. Jy moet net registreer sodat ek spam kan uithou en mense wat advertensies wil plaas kan voorkom.